DuPois Park February 2003

Ons het gelees van die park en gehoor hulle het ablusie geriewe en dis 'n mooi plek. Dit kos ook $3 per persoon om dit te besoek. Ons dog toe die prys is redelik en dis ver genoeg weg om 'n lekker besoek te maak. Kom daar, is daar niemand om die geld te vat nie. Daar is net 'n hoop koevertjies en 'n posbus om die geld in te deponeer. Nodeloos om te se^, ons het nie presiese kleingeld nie. Ons ry toe in, en dis goeie grondpad die hele pad. Ontmoet baie mense wat perd ry en selfs een of twee mense in karre. Almal vertel ons van die 'lake' wat ons net moet sien... Wel, ons het, en ek het al groter plaspoelletjies gesien, maar ons se^ niks nie. Dit is wel regtig nogal mooi. Hulle het ook staproetes wat ons nog sal gaan stap. Die kortste so 7 km en die langste so 22 km. Ons het ook slange daar gesien... Die ablusie geriewe... 'n Long-drop naby die kamp terein.

Small PicturesLarge Pictures (No Frames)
Page 1Page 1
Home